SPREUKE 14:29-33

SPREUKE 14:29-33 AFR83

'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon. 'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet 'n mens op. Wie 'n arm mens verdruk, beledig sy Maker; wie hom oor 'n arm mens ontferm, eer God. Die goddelose kom tot 'n val deur sy boosheid; die regverdige het 'n toevlug, ook in sy dood. In 'n verstandige gemoed pas die wysheid goed in; by dwaasheid is dit nie tuis nie.