SPREUKE 1:5-7

SPREUKE 1:5-7 AFR83

Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer om spreuke en sinspelings, woorde en raaisels van wyse mense te begryp. Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.