SPREUKE 1:5-7

SPREUKE 1:5-7 NLV

Laat selfs hulle wat wys is, luister na die spreuke sodat hulle tot dieper insig kan kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die lewenskuns aanleer om die spreuke en sinspelings, die woorde en raaisels van wyse mense te begryp. Kennis begin met eerbied vir die HERE, net dwase verag wysheid en dissipline.