Daarna het die Here vir Moses gesê: “Verdeel nou die land tussen die families en gee aan elkeen 'n eiendom volgens sy grootte: aan 'n groot familie 'n groot eiendom en aan 'n klein familie 'n kleiner eiendom. Elkeen moet sy eiendom ontvang ooreenkomstig sy getal. Die land moet verdeel word deur te loot. Elke stam moet 'n eiendom ontvang. Bepaal vir elkeen sy eiendom deur loting tussen die groter en die kleiner stamme.” Die Levifamilies wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die voorvader van Amram, en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. Aäron was die vader van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Nadab en Abihu is dood toe hulle ongeoorloofde vuur na die altaar toe gebring het. Die Leviete van 'n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete getel nie, want hulle het nie self eiendom onder die Israeliete gekry nie. Al hierdie mense is getel deur Moses en die priester Eleasar in die Moabsvlakte regoor Jerigo aan die Jordaan. Onder hulle was daar egter niemand van die Israeliete wat deur Moses en die priester Aäron in die Sinaiwoestyn getel is nie. Die Here het destyds vir daardie Israeliete gesê dat hulle beslis in die woestyn sou sterf. Nie een van húlle het toe oorgebly nie, behalwe Kaleb seun van Jefunne, en Josua seun van Nun.
Lees NUMERI 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: NUMERI 26:52-65
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's