MARKUS 8:27-30

MARKUS 8:27-30 AFR83

Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?” Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.” “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MARKUS 8:27-30