JOSUA 6:24-27

JOSUA 6:24-27 AFR83

Die stad met alles daarin is verbrand, net die silwer en goud en die brons- en ystergoed is in die skatkis van die huis van die Here gesit. Josua het die prostituut Ragab en haar familie, al haar mense, laat lewe. Sy het tussen die Israeliete gewoon, en haar nageslag woon nou nog hier, omdat sy die manne vir wie Josua gestuur het om Jerigo te verken, weggesteek het. Josua het destyds plegtig verklaar: “Die Here sal die man straf wat dié stad, Jerigo, probeer herbou. Dit sal hom sy oudste seun kos as hy die fondament lê en sy jongste as hy die poortdeure hang.” Die Here was by Josua. Josua was oor die hele land bekend.

Video for JOSUA 6:24-27