Waarom beskuldig jy vir God? Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie.” “God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. Dan openbaar God Hom aan die mens en dreig dat Hy hom sal straf om hom van verkeerde dade af weg te hou en hom van hoogmoed te weerhou. God wil die mens nie die graf laat ingaan nie, Hy wil hom nie laat sterf nie. “Of Hy spreek die mens aan met ernstige siekte, met pyn wat aan sy liggaam knaag, sodat alle kos hom walg, selfs die lekkerste ete. Die vleis aan sy liggaam is so weggevreet dat jy dit nie meer kan sien nie, jy sien nou net been. Hy is op pad na sy graf toe, na dié toe wat klaar dood is. As daar dan 'n engel by hom sou wees, een uit duisende, wat vir hom pleit, en vir hom sê wat sy plig is, wat hom jammer kry en sê: ‘Red hom dat hy nie sterf nie, ek het 'n losprys vir hom,’ dan sal sy liggaam weer jonk word, weer word soos in die dae van sy jeug. Hy sal tot God bid, God sal sy gebed verhoor, hom met vreugde laat bid, hom 'n mens maak wat weer reg leef voor God. Dan getuig hy voor die mense: ‘Ek het gesondig, my nie gesteur aan wat reg is nie, en tog het God my nie gestraf soos ek verdien nie. Hy het my gered, ek het nie gesterf nie, nou lewe ek weer.’ “Dit alles doen God met die mens, selfs meer as een keer.
Lees JOB 33
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JOB 33:13-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's