Toe het Job begin praat en sy geboortedag vervloek. Hy het gesê: “Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie, die nag toe gesê is 'n seuntjie het in die wêreld gekom. Daardie dag moes net donkerte gewees het; God daarbo moes dit nie eens raakgesien het nie; geen lig moes dié dag deurgebreek het nie. Donkerte en duisternis moes dit opgeëis het, wolke moes daaroor toegetrek het, sonsverduistering moes dit oorval het. Die donkerte moes daardie nag ingesluk het, dit moes nooit ingereken gewees het by die dae van die jaar nie, dit moes nooit bygevoeg gewees het by die berekening van die maande nie. “Ja, daardie nag moes niemand gebore gewees het nie, daar moes geen blydskap gewees het nie. Wie dae vervloek, moes ook dié dag vervloek het, hulle moes die Leviatan aangehits het om dit te vernietig. Die môrester moes verduister gewees het, hy moes tevergeefs gewag het op die lig en nooit die dag sien breek het nie, want hy het nie gekeer dat ek gebore word nie, my hierdie smart nie gespaar nie. Waarom het ek nie by my geboorte gesterf nie, net toe ek gebore is, my laaste asem uitgeblaas nie?
Lees JOB 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOB 3:1-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's