JOHANNES 2:4-7

JOHANNES 2:4-7 AFR83

Maar Hy sê vir haar: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” Daar het ses klipkanne gestaan vir water wat die Jode by hulle reiniging gebruik het. Elkeen het tussen negentig en honderd liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water.” Hulle het dit tot bo toe volgemaak.