JOHANNES 2:4-7

JOHANNES 2:4-7 NLV

Jesus se reaksie was: “Wat het dit met My en jou te doen, Vrou? My tyd het nog nie gekom nie.” Sy ma sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle gaan doen.” Daar het ses klipkanne gestaan met water wat die Jode vir hulle rituele reiniging gebruik het. Elkeen het ongeveer 100 liter gehou. Jesus sê toe vir die kelners: “Maak die kanne vol water!” Hulle het dit tot heel bo vol gemaak.