JESAJA 9:1-4

JESAJA 9:1-4 AFR83

Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn. U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel. Soos die dag toe Midian verslaan is, het U die juk verbreek wat op die volk gedruk het, die stok waarmee hulle geslaan is, waarmee hulle gedryf is. Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is, en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word, deur die vuur verteer word.

Video vir JESAJA 9:1-4