So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon? Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. Die mense offer bulle maar hulle maak ook mense dood as offers, hulle offer lammers maar hulle breek ook honde se nekke as offers, hulle bring graanoffers maar ook offers van varkbloed, hulle offer wierook maar hulle prys ook afgode; hulle het besluit om hulle eie kop te volg, hulle is lief vir hulle afskuwelike afgodsoffers. Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet word en bring Ek verskrikking oor hulle. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie, toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie; hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.
Lees JESAJA 66
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 66:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's