Jesaja 66:1-4

Jesaja 66:1-4 AFR20

So sê die HERE: “Die hemel is my troon, en die aarde die voetbank van my voete. Waar is die huis wat julle vir My sou bou, en waar is my rusplek? Al hierdie dinge – my hand het dit gemaak; so het alles ontstaan,” is die uitspraak van die HERE. “Op so iemand sal Ek ag slaan: op 'n magtelose met 'n verslae gees, wat sidder vir my woord. “ Iemand slag 'n bul, en vel 'n mens neer; bring 'n lam as maaltydoffer, en breek die nek van 'n hond; bring 'n •graanoffer, en ook die bloed van varke; bring wierook as simboliese offer, en prys 'n valse god aan. Aangesien hierdie mense hulle eie paaie gekies het, en hulle sielsgelukkig is met hulle verfoeilike afgode, sal ook Ek kies om hulle streng te behandel; en dit wat hulle vrees sal Ek oor hulle bring. Want toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie; toe Ek gepraat het, het hulle nie geluister nie. Hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en wat onaanvaarbaar is vir My, het hulle gekies.”