HOSEA 13:4-8

HOSEA 13:4-8 AFR83

Ek is die Here jou God van die tyd van Egipte af. Jy het geen ander god geken nie en jy het geen ander redder gehad nie. Dit is Ek wat jou in die woestyn, in 'n dor land versorg het. Maar toe hulle by goeie weiding gebring is, het hulle hulle vol geëet, en toe hulle vol geëet was, het hulle hoogmoedig geword. Daarom het hulle My vergeet. Toe het Ek vir hulle geword soos 'n leeu, soos 'n luiperd wat vir hulle langs die pad voorlê. Ek sal hulle aanval soos 'n beerwyfie wie se kleintjies afgeneem is. Ek sal hulle borskaste oopskeur. Soos 'n leeu sal Ek hulle daar verslind. Roofdiere sal hulle uitmekaarskeur.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOSEA 13:4-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid