HOSEA 13:4-8

HOSEA 13:4-8 NLV

“Ek is die HERE jou God wat jou uit die slawerny van Egipte gered het. Jy het geen ander God as Ek nie, want daar is geen ander redder nie. Dis Ek wat jou in die woestyn, in daardie dor land, versorg het. By goeie weiding aangekom, het hulle hulle dik geëet. Toe hulle genoeg geëet het, het hulle hoogmoedig geword en van My vergeet. Nou word Ek vir hulle soos ’n leeu, soos ’n luiperd wat langs die pad ’n prooi voorlê. Ek sal hulle aanval soos ’n beer wat van haar kleintjies beroof is. Ek sal hulle oopskeur en verslind soos ’n honger leeu. Wilde diere sal hulle uitmekaarskeur.

Gratis leesplanne en oordenkings oor HOSEA 13:4-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid