GENESIS 38:24-26

GENESIS 38:24-26 AFR83

Drie maande later is aan Juda vertel: “Jou skoondogter Tamar het haar soos 'n prostituut gedra en is swanger.” Toe sê hy: “Bring haar uit dat sy kan verbrand word.” Maar toe hulle haar wou gaan haal, stuur sy 'n boodskap na haar skoonpa toe: “Die man aan wie hierdie goed behoort – ek het by hom swanger geword. Stel vas aan wie hierdie seëlring met die ketting en die kierie behoort.” Juda het dit herken en gesê: “Sy is onskuldig, ek nie! Ek moes my seun Sela aan haar as man gegee het.” Juda het nooit weer met haar gemeenskap gehad nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid