GENESIS 14:14-20

GENESIS 14:14-20 AFR83

Toe Abram hoor dat sy familielid weggevoer is, het hy sy volgelinge, drie honderd en agtien slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan. Die nag het Abram en sy manne hulle van verskillende kante af aangeval en verslaan. Hy het hulle agtervolg tot by Goba, noord van Damaskus. Abram het al die besittings teruggekry. Hy het ook vir Lot, sy familielid, met al sy besittings teruggekry, ook die vrouens en al die ander mense. Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom, het die koning van Sodom vir Abram tegemoet gegaan in die Sawevlakte, dit is die Koningsvlakte. Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring en hom geseën: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.”

Video for GENESIS 14:14-20

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 14:14-20