GENESIS 14:14-20

GENESIS 14:14-20 NLV

Toe Abram hoor Lot is as gevangene weggevoer, het hy die weerbare manne in sy huishouding bymekaargeroep. Daar was 318 van hulle, almal in sy huishouding gebore. Hy het Kedorlaomer se leër agternagejaag en hulle by Dan ingehaal. Daar het hy in die nag sy manskappe verdeel en die invallers van verskillende kante af aangeval. Kedorlaomer se leër het gevlug, maar Abram het hulle tot by Goba, noord van Damaskus, agtervolg. Hy het alles wat geroof is, teruggekry, ook sy neef Lot met sy besittings en al die vroue en ander gevangenes. Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en sy bondgenote, het die koning van Sodom hom in die Sawevlakte (dit is die Koningsvallei) tegemoetgegaan. Melgisedek, die koning van Salem, het vir hom brood en wyn gebring. Hy was ook ’n priester van God die Allerhoogste. Melgisedek het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God die Allerhoogste wat jou bemagtig het om oor jou vyande te seëvier.” Toe gee Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles wat hy teruggekry het.

Video for GENESIS 14:14-20

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 14:14-20