EKSODUS 27:9-17

EKSODUS 27:9-17 AFR83

“Jy moet ook 'n voorhof vir die tabernakel maak. Aan die suidekant, die regterkant, moet daar gordyne van goed geweefde linne wees, vyftig meter breed. Om die gordyne te hang, moet daar twintig style met twintig bronsvoetstukke wees en ook kramme aan die style, en silwergordynstokke. “Ook aan die noordekant moet die gordyne vyftig meter breed wees. Daar moet twintig style en twintig bronsvoetstukke wees, kramme aan die style, en silwergordynstokke. “In die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet die gordyne vyf en twintig meter breed wees met tien style en tien voetstukke. “Die breedte van die voorhof aan die voorkant, die oostekant, moet ook vyf en twintig meter wees. Die gordyne aan die een kant hiervan moet sewe en 'n half meter breed wees, dit moet drie style en drie voetstukke hê, en aan die ander kant moet die gordyne ook sewe en 'n half meter breed wees met drie style en drie voetstukke. In die ingang van die voorhof moet daar 'n afskorting van tien meter wees. Dit moet van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne wees, netjiese borduurwerk. Om dit te hang, moet daar ook nog vier style en vier voetstukke wees. Vir die style van die voorhof moet daar heeltemal rondom silwergordynstokke wees, en ook silwerkramme en bronsvoetstukke.

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 27:9-17

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid