Eksodus 27:9-17

Eksodus 27:9-17 AFR20

“Jy moet 'n binneplein vir die •tabernakel maak. Aan die suidekant moet die behangsels vir die binneplein van fyn dubbeldraadlinne wees, 'n honderd el lank vir die een kant. Dit moet twintig staanders met hulle twintig bronsvoetstukke hê, maar die hakies van die staanders en hulle hegplekke moet van silwer wees. Net so moet daar aan die noordekant behangsels oor 'n lengte van honderd el wees, met twintig staanders en bronsvoetstukke, en die hakies van die staanders en hulle hegplekke moet van silwer wees. Oor die breedte van die binneplein aan die westekant moet daar vyftig el behangsels wees, met hulle tien staanders en tien voetstukke. Die breedte van die binneplein aan die voorkant, die oostekant, moet vyftig el wees. Die behangsels langs die ingang moet vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. Aan die ander kant moet die behangsels vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. By die ingang van die binneplein moet daar 'n gordyn van twintig el wees, gemaak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder – met vier staanders en vier voetstukke. “Al die staanders rondom die binneplein moet van silwerhegplekke voorsien word; hulle hakies moet van silwer en hulle voetstukke van brons wees.

Video for Eksodus 27:9-17

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 27:9-17