EKSODUS 24:3-8

EKSODUS 24:3-8 AFR83

Moses het toe al die gebooie en bepalings van die Here aan die volk gaan bekend maak. Hulle het soos een man gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het.” Toe het Moses al die gebooie van die Here neergeskryf. Vroeg die volgende oggend het hy aan die voet van die berg 'n altaar gebou van twaalf klippe, vir die twaalf stamme van Israel. Hy het toe van die jong Israeliete gestuur om bulle as brandoffers en maaltydoffers vir die Here te offer. Moses het die helfte van die bloed in bakke gehou en die ander helfte op die altaar gesprinkel. Hy het die verbondsboek geneem en dit vir die volk voorgelees. Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.” Moses het toe die bloed gevat en op die volk gesprinkel terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat die Here op grond van al hierdie gebooie met julle gesluit het.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor EKSODUS 24:3-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid