EKSODUS 2:2-4

EKSODUS 2:2-4 AFR83

Die vrou het swanger geword en 'n seuntjie in die wêreld gebring. Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek. Langer kon sy hom nie wegsteek nie. Daarom het sy vir hom 'n biesiemandjie gekry en dit met klei en pik dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit. Sy suster het op 'n afstand gaan staan om te sien wat met hom gebeur.

Video vir EKSODUS 2:2-4