Die Here het toe vir Moses gesê: “Met nog een plaag sal Ek die farao en Egipte tref, en dan sal hy julle hiervandaan laat gaan. Ja, hy sal julle onvoorwaardelik laat trek; hy sal julle selfs wegjaag hiervandaan. Gaan sê vir die volk elke man en vrou moet silwer- en goue goed van hulle Egiptiese bure eis.” Die Here het gesorg dat die Egiptenaars aan sy volk goed doen, en boonop het Moses groot aansien onder die Egiptenaars geniet, by die amptenare en die volk. Toe sê Moses vir die farao: “So sê die Here: Teen middernag sal Ek deur Egipte gaan, en elke eersgeborene in Egipte sal sterwe, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die slavin wat koring maal, ja, selfs al die eerstelinge van die diere. In die hele Egipte sal daar so gehuil en gerou word soos nog nooit tevore nie en ook nie later nie. Maar onder die Israeliete sal niemand iets oorkom nie, nie 'n mens of 'n dier nie. “Dan sal julle besef dat die Here 'n verskil maak tussen Egiptenaar en Israeliet.
Lees EKSODUS 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: EKSODUS 11:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's