PREDIKER 5:1-7

PREDIKER 5:1-7 AFR83

Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig 'n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde. Laat jou woorde daarom min wees. Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde. As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir 'n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig? Daar is baie drome, baie wat tot niks kom nie, ook baie woorde. Maar dien jy vir God! As jy sien die armes word verdruk en daar is geen reg en geregtigheid in 'n gebied nie, moet jy jou nie daaroor verbaas nie: elkeen met gesag word beskerm deur 'n hoër gesag, en almal saam deur 'n hoogste gesag.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PREDIKER 5:1-7