Prediker 5:1-7

Prediker 5:1-7 AFR20

Moenie gou wees met jou mond en laat jou hart nie haastig wees om 'n woord voor God te uiter nie. Want God is in die hemel en jy is op die aarde; daarom moet jou woorde min wees. Ja, 'n droom kom deur baie sorge en 'n dwase gepraat deur baie woorde. Wanneer jy 'n gelofte teenoor God aflê, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie, want Hy hou nie van dwase nie. Wat jy ook al beloof – betaal dit! Dit is beter dat jy nie beloof nie as dat jy beloof en nie betaal nie. Moenie jou mond toelaat om jou liggaam te laat sondig nie. Moenie voor die boodskapper van God sê dat dit 'n onopsetlike fout was nie. Waarom moet God vertoornd word oor jou woorde en jou handewerk vernietig? Want waar baie drome en onsinnighede is, is daar meer woorde. Ja, vrees God! As jy die afpersing van armes en die verdraaiing van reg en geregtigheid sien in 'n provinsie, moet jy jou nie oor die saak verbaas nie, want hooggeplaastes hou 'n oog oor hooggeplaastes, en hoëres weer oor hulle.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Prediker 5:1-7