DEUTERONOMIUM 8:7-9

DEUTERONOMIUM 8:7-9 AFR83

want Hy sal jou in 'n goeie land bring: 'n land met waterstrome, met fonteine en riviere wat in valleie en berge ontspring, 'n land met koring en gars, wingerde, vyebome en granate, 'n land met volop olyfolie en heuning, 'n land sonder armoede, waarin jy genoeg sal eet en niks sal kortkom nie, 'n land waarin daar volop yster in die klippe is en waar jy kan koper delf in die berge.