DEUTERONOMIUM 8:7-9

DEUTERONOMIUM 8:7-9 NLV

want die HERE jou God bring jou in ’n goeie land met waterstrome en poele water, met fonteine wat in die valleie en berge ontspring. Dit is ’n land met koring en gars, wingerde, vyebome, granaatbome, olywe en heuning. Dit is ’n land met ’n oorvloed van kos sonder enige gebrek. Dit is ’n land waar yster so algemeen soos klippe is en waar daar baie koper in die berge is.