Deuteronomium 8:7-9

Deuteronomium 8:7-9 AFR20

want die HERE jou God gaan jou in 'n goeie land bring: 'n land met waterryke dale, fonteine en ondergrondse water wat in die valleie en op die berge uitvloei; 'n land met koring en gars, met wingerde, vyebome en granaatboorde, 'n land met olieryke olywe en heuning; 'n land waar jy nie in armoede brood sal eet nie, ja, waar jy geen gebrek sal hê nie; 'n land waar die klippe ystererts is en waar jy kopererts in die berge myn.