Terwyl ek nog praat en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en by die Here my God pleit vir sy heilige berg, terwyl ek nog so aan die bid was, het Gabriël, die man wat ek die vorige keer in die visioen gesien het, by my aangevlieg gekom. Dit was die tyd van die aandoffer. Hy het my kom inlig en vir my gesê: “Daniël, ek het gekom om jou deeglik in te lig. Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar 'n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel, want God het jou lief. Gee dus ag op wat ek sê, sodat jy die visioen kan verstaan. Daar is sewentig tydperke vir jou volk en vir jou heilige stad vasgestel. In dié tyd sal daar aan die goddeloosheid en die sondes 'n einde gemaak word en sal daar versoening gedoen word vir die oortredinge. Dit is die tyd waarin 'n blywende geregtigheid tot stand gebring sal word, waarin die profesie en die visioen tot vervulling sal kom en die tempel heringewy sal word.
Lees DANIËL 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: DANIËL 9:20-24
7 dae
Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. Tog het hulle oorwin. Jy kan ook! Kom ons kyk na Nehemia en hoe hy ontmoediging oorkom het.
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's