2 SAMUEL 3:1-5

2 SAMUEL 3:1-5 AFR83

Daar was 'n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid, maar Dawid het gaandeweg al hoe sterker geword en die nageslag van Saul al hoe swakker. Die volgende seuns van Dawid is in Hebron gebore: Amnon, seun van Aginoam sy Jisreëlitiese vrou, was die oudste. Sy tweede was Kilab seun van Abigajil, die weduwee van Nabal die Karmeliet. Absalom seun van Maäka, 'n dogter van koning Talmai van Gesur, was die derde, en die vierde was Adonia seun van Gaggit. Die vyfde was Sefatja seun van Abital en die sesde Jitream seun van Dawid se vrou Egla. Hulle is vir hom in Hebron gebore.