2 SAMUEL 3:1-5
2 SAMUEL 3:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Die oorlog tussen Is-Boset en Dawid het lank aangehou, maar Dawid se leër het sterker geword en Is-Boset se leër het swakker geword. Ses seuns van Dawid is gebore in Hebron: Die eerste seun was Amnon, sy ma was Aginoam van Jisreël. Die tweede seun was Kilab, sy ma was Abigajil. Sy was voorheen die vrou van Nabal van die stad Karmel. Die derde seun was Absalom, sy ma was Maäka, die dogter van koning Talmai van Gesur. Die vierde seun was Adonija, sy ma was Gaggit. Die vyfde seun was Sefatja, sy ma was Abital. Die sesde seun was Jitream, sy ma was Dawid se vrou Egla. Dit is die seuns van Dawid wat in Hebron gebore is.
2 SAMUEL 3:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker. EN vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En sy eersgeborene was Amnon, by Ahínoam uit Jísreël; en sy tweede was Kíleab, by Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; en die vierde Adónia, die seun van Haggit; en die vyfde Sefátja, die seun van Abítal; en die sesde Jítream, by Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.
2 SAMUEL 3:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n langdurige oorlog tussen die nageslag van Saul en Dawid, maar Dawid het gaandeweg al hoe sterker geword en die nageslag van Saul al hoe swakker. Die volgende seuns van Dawid is in Hebron gebore: Amnon, seun van Aginoam sy Jisreëlitiese vrou, was die oudste. Sy tweede was Kilab seun van Abigajil, die weduwee van Nabal die Karmeliet. Absalom seun van Maäka, 'n dogter van koning Talmai van Gesur, was die derde, en die vierde was Adonia seun van Gaggit. Die vyfde was Sefatja seun van Abital en die sesde Jitream seun van Dawid se vrou Egla. Hulle is vir hom in Hebron gebore.
2 SAMUEL 3:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n uitgerekte stryd tussen die huis van Saul en die huis van Dawid. Dawid het al hoe sterker geword en die huis van Saul al hoe swakker. Vir Dawid is daar seuns gebore in Hebron. Sy eersgeborene was Amnon, by Aginoam, die vrou uit Jisreël; die tweede was Kilab, by Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel; die derde was Absalom, die seun van Maäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; die vierde was Adonia, die seun van Gaggit; die vyfde was Sefatja, die seun van Abital; die sesde was Jitream, by Dawid se vrou Egla. Hierdie seuns is vir Dawid in Hebron gebore.
2 SAMUEL 3:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was 'n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, maar Dawid het sterker en sterker geword, en die huis van Saul het swakker en swakker geword. En vir Dawid is seuns in Hebron gebore, en sy eersgeborene was Amnon, van Ahinoam, die Jisreëlitiese; en sy tweede, Chileab, van Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet; en die derde, Absalom, die seun van Maäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; En die vierde, Adónia, die seun van Haggit; en die vyfde: Sefátja, die seun van Abítal; En die sesde, Jitream, deur Egla, die vrou van Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.
2 SAMUEL 3:1-5 Die Boodskap (DB)
Die gevegte tussen Saul se mense en Dawid se mense het lank aangehou, maar Dawid se mense het naderhand begin wen. Hier is die name van die ses seuns van Dawid wat in Hebron gebore is: Amnon was die oudste; sy ma was Aginoam van Jisreël. Die tweede oudste was Kilab; sy ma was Abigajil, Nabal se weduwee van Karmel. Absalom was die derde oudste; sy ma was Maäka, ’n dogter van koning Talmai van Gesur. Adonia was die vierde. Hy was Gaggit se seun. Die vyfde seun was Sefatja, Abital se kind; en die jongste was Jitream; sy ma was Egla, nog ’n vrou van Dawid. Dit is Dawid se seuns wat in Hebron gebore is.
2 SAMUEL 3:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die gevegte tussen Saul se koningshuis en die ondersteuners van Dawid het lank voortgeduur. Gaandeweg het Dawid al sterker geword, terwyl Saul se koningshuis verswak het. Die seuns wat in Hebron vir Dawid gebore is, was soos volg: Die oudste was Amnon, seun van Aginoam van Jisreël. Die tweede was Kilab, seun van Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel. Die derde was Absalom, seun van Maäka, dogter van Talmai, koning van Gesur. Die vierde was Adonia, seun van Gaggit. Die vyfde was Sefatja, seun van Abital. Die sesde was Jitream, seun van Dawid se vrou Egla. Hierdie seuns is almal in Hebron vir Dawid gebore.