2 KRONIEKE 20:1-4

2 KRONIEKE 20:1-4 AFR83

Later het die Moabiete en die Ammoniete, en saam met hulle 'n groep Meüniete , 'n veldtog teen Josafat begin. Josafat het berig gekry: “'n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het 'n vasdag in die hele Juda uitgeroep, en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.