Hierna het die Moabiete, Ammoniete en sommige van die Meüniete oorlog teen Josafat verklaar. Boodskappers het gekom en vir Josafat vertel: “’n Groot leër van Edom trek op teen u van anderkant die Dooie See. Hulle is alreeds by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” Josafat was baie ontsteld oor hierdie nuus en het vir die HERE raad gevra. Hy het ook beveel dat elkeen in Juda moet vas. Die mense het van al die dorpe in Juda na Jerusalem toe gekom om die HERE se hulp te soek.
Lees 2 KRONIEKE 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KRONIEKE 20:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's