'n Tyd daarna het die Moabiete en Ammoniete, en saam met hulle van die Meüniete, teen Josafat opgetrek om oorlog te voer. Mense het gekom en Josafat ingelig: “'n Groot menigte trek teen u op van anderkant die see, van Aram se kant af. Kyk, hulle is al by Gaseson-Tamar. ” Gaseson-Tamar is En-Gedi. Josafat was bang, en hy was vasbeslote om die HERE te raadpleeg. Hy het 'n vasdag uitgeroep oor die hele Juda. Juda het toe byeengekom om by die HERE hulp te soek; ja, uit al die dorpe van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
Lees 2 Kronieke 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 20:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's