1 SAMUEL 13:7-9

1 SAMUEL 13:7-9 AFR83

En sommige Hebreërs het deur die Jordaan gegaan na Gad en na Gilead toe. Saul was egter nog in Gilgal en al die manskappe by hom was doodbang. Hy het sewe dae gewag, die tyd soos afgespreek met Samuel, maar Samuel het nie by Gilgal opgedaag nie. Toe die manskappe wat by Saul was, begin dros het, het hy gesê: “Bring die brandoffer en die maaltydoffers na my toe.” Hy het toe self die brandoffer geoffer.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 13:7-9