1 SAMUEL 13:7-9

1 SAMUEL 13:7-9 NLV

Sommige het deur die Jordaanrivier gegaan en na die gebied van Gad en Gilead gevlug. Intussen het Saul in Gilgal vertoef terwyl sy manskappe van vrees gebewe het. Soos afgespreek, het Saul sewe dae daar vir Samuel gewag, maar hy het nie opgedaag nie. Die manskappe het intussen begin dros. Toe beveel Saul: “Bring die brandoffer en die maaltydoffer hiernatoe!” Toe offer hy self die brandoffer.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 SAMUEL 13:7-9