Samuel het al die stamme van Israel laat nader kom, en die stam Benjamin is aangewys. Samuel het die stam Benjamin volgens sy families laat nader kom, en die familie van Matar is aangewys. Vervolgens is Saul seun van Kis aangewys, maar toe hulle hom soek, was hy weg. Hulle het die Here gevra: “Moet hy nog kom?” Die Here het geantwoord: “Nee, hy is al hier. Hy kruip weg tussen die bondels goed.” Hulle het gehardloop en hom daarvandaan gebring en hom tussen die volk laat staan. Hy was 'n kop langer as enige van sy volksgenote. Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!” Toe juig almal en sê: “Lank lewe die koning!”
Lees 1 SAMUEL 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 10:20-24
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's