1 Samuel 10:20-24

1 Samuel 10:20-24 AFR20

Samuel het toe al die stamme van Israel laat nader kom, en die stam van Benjamin is aangewys. Hy het die stam van Benjamin volgens familiegroepe laat nader kom, en die familiegroep van Matri is aangewys. Toe is Saul, seun van Kis, aangewys. Hulle het hom gesoek, maar hy kon nie gevind word nie. Hulle het die HERE weer geraadpleeg: “Het nog iemand hierheen gekom?” Die HERE het gesê: “Kyk, hy kruip weg by die pakgoed.” Hulle het gehardloop en hom van daar af gebring. Hy het kop en skouers uitgestaan bo die hele volk. Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die HERE gekies het? Ja, daar is niemand soos hy onder die hele volk nie.” Die hele volk het hom toegejuig met die woorde: “Lank lewe die koning!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Samuel 10:20-24