1 KONINGS 8:1-5

1 KONINGS 8:1-5 AFR83

Daarna het Salomo die leiers van Israel, al die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde, by hom in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit die Dawidstad, Sion, te laat uitbring. Al die manne van Israel het op die feesdag in die maand Etanim, die sewende maand, by koning Salomo vergader. Nadat al die leiers van Israel gekom het, het die priesters die ark opgetel en die ark, die tent van ontmoeting en al die toebehore van die heiligdom wat in die tent was, gedra. Die priesters en die Leviete het dit gedra. Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie.