Na 'n lang tyd, dit was omtrent drie jaar, het die woord van die Here tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Agab toe. Moenie langer vir hom wegkruip nie. Ek wil dit weer in die land laat reën.” Elia het na Agab toe gegaan. Die swaar hongersnood het nog voortgeduur in Samaria. Agab het vir Obadja, die paleisopsigter, na hom toe laat kom. Obadja het die Here pligsgetrou gedien. Toe Isebel die profete van die Here doodgemaak het, het Obadja honderd geneem en hulle vyftig-vyftig in grotte weggesteek en hulle van kos en water voorsien. Agab het vir Obadja gesê: “Kom ons trek deur die land, na elke fontein en spruit toe. Dalk kry ons gras om die perde en muile aan die lewe te hou. Dan hoef ons nie van hulle dood te maak nie.” Hulle het die land tussen hulle verdeel. Agab het alleen in een rigting gegaan, en Obadja alleen in 'n ander rigting. Terwyl Obadja onderweg was, kom Elia hom meteens tegemoet. Obadja het hom herken en voor hom op sy knieë geval en gesê: “Maar u is mos Elia!” Elia sê toe vir hom: “Ja, dit is ek! Gaan sê vir die koning: Elia is hier.”
Lees 1 KONINGS 18
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 18:1-8
7 Days
Stuff. So often our lives seem to be defined by what we own. How do we find balance with our belongings? Learn from others’ experiences and how they’ve seen God at work in this Bible Plan by finds.life.church.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's