1 KONINGS 17:7-10

1 KONINGS 17:7-10 AFR83

Uiteindelik het die spruit opgedroog omdat die land nie reën gekry het nie. Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.” Hy gaan toe na Sarfat toe, en toe hy by die poort van die stad kom, was daar 'n weduwee net besig om houtjies op te tel. Hy vra haar toe: “Gee my asseblief 'n bekertjie water om te drink.”