1 Konings 17:7-10

1 Konings 17:7-10 DB

Na ’n ruk het die spruit opgedroog, want dit het nog nie gereën nie. Toe het die Here vir hom gesê: “Gaan na Sarfat toe, naby Sidon. Bly ’n rukkie daar. In Sarfat sal ’n weduwee elke dag vir jou sorg.” Elia is toe na Sarfat toe. Net toe hy die stad binnekom, sien hy ’n weduwee wat hout kap. Hy het haar nader geroep en gesê: “Gaan haal asseblief vir my ’n bietjie water.”