Elia die Tisbiet was 'n bywoner uit Gilead. Hy het vir Agab gesê: “So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê.” Die woord van die Here het tot Elia gekom en gesê: “Gaan hiervandaan af ooswaarts en gaan versteek jou in Kritspruit, anderkant die Jordaan. Jy kan water uit die spruit drink, en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te sorg.” Hy het gedoen soos die Here aan hom opgedra het. Hy het daar in Kritspruit gaan bly, anderkant die Jordaan. Die kraaie het vir hom soggens brood en vleis gebring en hulle het vir hom saans brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. Uiteindelik het die spruit opgedroog omdat die land nie reën gekry het nie. Toe het die woord van die Here weer tot Elia gekom en gesê: “Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
Lees 1 KONINGS 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 17:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's