Elia die Tisbiet het hom tydelik in Gilead gevestig. Hy het vir Agab gesê: “So seker as wat die HERE die God van Israel leef, die God wat ek dien, in die volgende aantal jare sal daar geen dou of reën val nie behalwe wanneer ek so sê.” Toe sê die HERE vir Elia: “Gaan ooswaarts van hier en kruip weg by die Kritspruit, net anderkant die Jordaanrivier. Jy kan uit die spruit water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.” Elia het gemaak soos die HERE hom beveel het en by Kritspruit anderkant die Jordaanrivier gaan wegkruip. Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink. Na ’n tyd het die spruit egter opgedroog, want daar het geen reën in die opvanggebied geval nie. Toe sê die HERE vir Elia: “Gaan bly in die dorp Sarfat naby die stad Sidon. Daar woon ’n weduwee. Ek het aan haar opdrag gegee om vir jou te sorg.” Elia het na Sarfat toe gegaan. By die poort van die dorp aangekom, sien hy ’n weduwee wat hout bymekaarmaak. Hy vra haar
Lees 1 KONINGS 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KONINGS 17:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's