Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue seun in die Here, na julle toe gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus, waarin ek ook oral in elke gemeente onderrig gee. Party van julle het gedink ek kom nie weer na julle toe nie en het hulle toe begin aanmatig. Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, en dan sal ek self die verwaandes leer ken, nie volgens hulle praatjies nie, maar volgens wat hulle kan doen. Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag. Wat verkies julle? Moet ek met 'n slaanding na julle toe kom, of in liefde en in 'n gees van vriendelikheid?
Lees 1 KORINTIËRS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 4:17-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's