Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. En as die oor sou sê: “Omdat ek nie 'n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie. As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees? Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam. Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
Lees 1 KORINTIËRS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 12:14-26
5 Days
Do you sometimes feel like you’ve lost yourself or seem to carry labels that don’t quite fit you? Perhaps you’re struggling to find the real “you” to embrace. This reading plan is a journey through Scripture on how to shred the labels and be one hundred percent you. Start today and learn to embrace your identity!
There might be a reason you sometimes wonder why Christians go to church. Maybe church was never meant to be just another place to go. Whether you’re worn out by church or wondering where you fit, it’s a great time to see what the Bible says about being the Church. Start this Life.Church Bible Plan to go along with Pastor Craig Groeschel’s series, Stop Going to Church .
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.
How do you faithfully follow Jesus in a divided world? In a world where every issue has become a battle between “us” and “them,” it is more important than ever to remember that no matter what, Jesus is still on the throne. Learn how to respond to an increasingly divided world as a disciple of Jesus.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's