1 KRONIEKE 16:23-36

1 KRONIEKE 16:23-36 AFR83

Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is. Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Die wêreld staan vas, dit wankel nie. Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, hulle moet onder die nasies verkondig: “Die Here regeer.” Die see en alles daarin moet druis, die veld en alles daarop moet jubel, die bome in die bos moet hulle verheug voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers. Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! Julle moet sê: “Red ons, o God, ons Verlosser, maak ons bymekaar, red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons in u lof kan verheug.” Aan die Here die God van Israel kom die lof toe van ewigheid tot ewigheid!

Video for 1 KRONIEKE 16:23-36

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 KRONIEKE 16:23-36