Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is. Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Die wêreld staan vas, dit wankel nie. Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, hulle moet onder die nasies verkondig: “Die Here regeer.” Die see en alles daarin moet druis, die veld en alles daarop moet jubel, die bome in die bos moet hulle verheug voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers. Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!
Lees 1 KRONIEKE 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KRONIEKE 16:23-34
7 Days
Our hearts are postured to worship. As Christ followers, we were created by God to worship Him. But we tend to offer our adoration and allegiance to people and things other than Him. Come along with us on this journey as we dive into what worship is and how we can learn to live a lifestyle that puts God as the top priority in our lives.
7 Dae
Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.
10 Days
With so many responsibilities and distractions vying for our attention, we often end up in unhealthy cycles of rest. We strive and strain against God’s intent for our lives and burn ourselves out. This 10-day reading plan will introduce you to spiritual pathways that will help position you to receive from the Lord and experience communion and intimacy with him—and true soul rest.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's