Laat almal vir die HERE sing! Vertel elke dag dat Hy red. Vertel vir die nasies van Hom. Vertel almal van sy wonderdade. Want die HERE is groot, waardig om geprys te word! Bo al die gode moet Hy geëer word. Die gode van die volke is maar net afgode, maar die HERE het die hemel gemaak! Eer en heerskappy omring Hom, krag en vreugde is in sy woonplek. Gee aan die HERE, families van die volke, gee aan die HERE eer en krag. Gee aan die HERE die eer wat Hom toekom! Bring jou offers en aanbid Hom. Aanbid die HERE in sy heilige heerlikheid. Laat die aarde voor Hom bewe. Die wêreld is gevestig en kan nie wankel nie. Laat die hemel bly wees en die aarde juig! Sê vir die volke: Die HERE is Koning. Laat die see weergalm en alles daarin! Laat die veld bly wees en alles daarin! Laat die bome van die bos jubel voor die HERE! Want Hy kom om die aarde te oordeel. Dank die HERE, want Hy is goed! Sy troue liefde duur vir altyd.
Lees 1 KRONIEKE 16
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KRONIEKE 16:23-34
7 Days
Our hearts are postured to worship. As Christ followers, we were created by God to worship Him. But we tend to offer our adoration and allegiance to people and things other than Him. Come along with us on this journey as we dive into what worship is and how we can learn to live a lifestyle that puts God as the top priority in our lives.
7 Dae
Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.
10 Days
With so many responsibilities and distractions vying for our attention, we often end up in unhealthy cycles of rest. We strive and strain against God’s intent for our lives and burn ourselves out. This 10-day reading plan will introduce you to spiritual pathways that will help position you to receive from the Lord and experience communion and intimacy with him—and true soul rest.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's