Die Here sê dat wanneer die tyd reg is, Hy die volke se gesindhede sal verander sodat hulle nie langer tot ander gode bid nie, maar Hom almal saam sal aanbid. Met die verloop van tyd het mense verspreid geraak en anderkant die riviere van Etiopië geland. In die tye wat kom, sal hierdie mense wat die Here nog dien, offers aan Hom bring. Die Here sê verder dat sy volk in die tyd wat kom, nie langer skaam sal hoef te kry oor alles wat hulle gedoen het toe hulle opstandig teen Hom was nie. Hy gaan ontslae raak van almal wat hoogmoedig en arrogant is. Daar sal nie langer plek wees vir mense wat te veel van hulleself dink as hulle Hom in die tempel kom aanbid nie. In Israel sal die Here net gewone mense wat nederig is en Hom vertrou, laat oorbly. Hulle sal mense wees wat nie ander kul en kwaad aandoen nie. Hulle sal ook mense wees wat nie leuens vertel en ander bedrieg nie. Hulle sal veilig en rustig lewe en sal vir niemand bang wees nie.
Lees Sefanja 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Sefanja 3:9-13
9 dae
Sefanja waarsku Israel dat God hulle gaan oordeel, maar sê ook vir hulle hoe lief Hy hulle het en hoe Hy eendag met sang oor hulle sal jubel. Reis daagliks deur Sefanja terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's